Immanuel Kant - Wikipedia Immanuel Kant in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Immanuel Kant Gebore 22 April 1724 Koningsberg, Pruise (tans Kaliningrad, Rusland) Sterf 12 Februarie 1804 (op 79) Koningsberg, Pruise Nasionaliteit Koninkryk Pruise Handtekening Immanuel Kant (IFA: [ɪmanuəl kant]; 22 April 1724 – 12 Februarie 1804) was 'n 18de-eeuse Duits-sprekende filosoof in die Pruisiese stad van Koningsberg (Duits: Königsberg, nou Kaliningrad, Rusland). Hy word as een van die mees invloedryke denkers in Europa en van die Verligting beskou. Sy belangrikste werk is die Kritiek van Reine Beredening (Duits: Kritik der reinen Vernunft), 'n kritiese ondersoek van die mens se verstand. In dié boek argumenteer Kant dat die mens nie direkte kontak met die werklikheid het nie, maar dat ondervinding van die wêreld bemiddel word deur kategorieë van verstand. Indien dit waar is beteken dit nie dat kennis van die wêreld vir ons afgesluit is nie, maar dat die manier hoe die wêreld aan ons verskyn gedeeltelik afhang van hoe ons verstand werk. 'n Bekende voorbeeld is Kant se stelling dat tyd en ruimte nie eienskappe van die wêreld self is nie, maar konsepte is wat die verstand op ondervinding toepas as 'n manier om 'n wêreldbeskouing te orden. Die Kritiek van Reine Vernuf is Kant se belangrikste bydrae tot epistemologie en metafisika. Hy skryf ook twee ander kritiese werke: die Kritiek van Praktiese Beredening (Duits: Kritik der praktischen Vernunft) aangaande etiek, en die Kritiek van Beoordeling (Duits: Kritik der Urteilskraft) oor estetika en teleologie. In etiek word Kant beroemd vir sy invloedryke weergawe en verdediging van deontologie, d.w.s. dat die fondament van moraliteit is die pligte wat mens teenoor mens self en ander persone het, spesifiek die plig om mense se status as beredende persone te respekteer. Volgens Kant word mense absoluut verbied om op te tree in teenstelling met die vereistes om beredeneerd te wees. Byvoorbeeld 'n mens moet nooit lieg nie, want as almal lieg dan sou waarheid sinneloos wees en enige kommunikasie onmoontlik. Hy stel die kategoriese imperatief voor: mens moet dít doen en nie dát nie as gevolg van die tipe wese wat mens is, d.w.s. dieselfde pligte tel vir almal wat 'n wese, soos verstandlikheid, deel. Kant se ander etiese werke van belang is die Fundering vir die Metafisika van Sedelikheid (Duits: Grundlegung zur Metaphysik der Sitten) en die Metafisika van Sedelikheid (Duits: Metaphysik der Sitten). Kant se werk was onmiddellik invloedryk in die Duits-sprekende wêreld. Die filosowe Johann Gottlieb Fichte, Schelling, Hegel en Schopenhauer sien hul teorieë as uitbreidings en verfynings van Kant se filosofie, en dié tradisie ontwikkel tot die Duitse idealisme. Kant se invloed in beide kontinentale en analitiese filosofie is steeds beduidend. Sien ook[wysig | wysig bron] Morele argument vir die bestaan van God Verwysings[wysig | wysig bron] Engelse Wikipedia-artikel oor Immanuel Kant Normdata BIBSYS: 90066754 BNE: XX1002482 BNF: cb11909393p (data) CANTIC: a10436352 CiNii: DA00159992 GND: 118559796 ISNI: 0000 0001 2282 4025 LCCN: n79021614 LNB: 000015134 MusicBrainz: 871df78f-da37-417c-a898-a5de1f9a7ef0 MGP: 106921 NDL: 00445131 NKC: jn19990004171 NLA: 35259064 NLG: 61881 NLI: 000602488 NLK: KAC199614392 NSK: 000100107 NTA: 06840753X RKD: 447563 ICCU: IT\ICCU\CFIV\000707 SELIBR: 192570 SNAC: w62r3q53 SUDOC: 02694507X Trove: 886004 ULAN: 500107055 VIAF: 82088490 WorldCat Identities: lccn-n79021614 Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Immanuel_Kant&oldid=2357071" Kategorieë: Inligtingskas Wetenskaplike met onbekende parameters Duitse akademici Duitse filosowe Filosowe in die 18de eeu Geboortes in 1724 Sterftes in 1804 Versteekte kategorieë: Biografieë met handtekeninge Artikels met hCards Artikels met BIBSYS-identifiseerders Artikels met BNE-identifiseerders Artikels met BNF-identifiseerders Artikels met CANTIC-identifiseerders Artikels met CINII-identifiseerders Artikels met GND-identifiseerders Artikels met ISNI-identifiseerders Artikels met LCCN-identifiseerders Artikels met LNB-identifiseerders Artikels met MusicBrainz-identifiseerders Artikels met MGP-identifiseerders Artikels met NDL-identifiseerders Artikels met NKC-identifiseerders Artikels met NLA-identifiseerders Artikels met NLG-identifiseerders Artikels met NLI-identifiseerders Artikels met NLK-identifiseerders Artikels met NSK-identifiseerders Artikels met NTA-identifiseerders Artikels met RKDartists-identifiseerders Artikels met SBN-identifiseerders Artikels met SELIBR-identifiseerders Artikels met SNAC-ID-identifiseerders Artikels met SUDOC-identifiseerders Artikels met Trove-identifiseerders Artikels met ULAN-identifiseerders Artikels met VIAF-identifiseerders Artikels met WorldCat-identifiseerders Normdata met 27 elemente Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis More Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Wikidata-item Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Ander projekte Wikimedia Commons Ander tale Alemannisch አማርኛ Aragonés العربية الدارجة مصرى Asturianu Aymar aru Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Žemaitėška Bikol Central Беларуская Беларуская (тарашкевіца)‎ Български भोजपुरी বাংলা Brezhoneg Bosanski Буряад Català Chavacano de Zamboanga Нохчийн Cebuano کوردی Čeština Чӑвашла Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki Ελληνικά Emiliàn e rumagnòl English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Føroyskt Français Arpetan Nordfriisk Frysk Gaeilge 贛語 Kriyòl gwiyannen Gàidhlig Galego ગુજરાતી עברית हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Magyar Հայերեն Interlingua Bahasa Indonesia Interlingue Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 Patois Jawa ქართული Qaraqalpaqsha Taqbaylit Kabɩyɛ Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Kurdî Кыргызча Latina Lëtzebuergesch Лезги Lingua Franca Nova Limburgs Ligure Ladin Lumbaart لۊری شومالی Lietuvių Latviešu मैथिली Malagasy Македонски മലയാളം Монгол मराठी Кырык мары Bahasa Melayu Malti Mirandés မြန်မာဘာသာ Эрзянь Nāhuatl Plattdüütsch नेपाली नेपाल भाषा Nederlands Norsk nynorsk Norsk bokmål Occitan Livvinkarjala ਪੰਜਾਬੀ Polski Piemontèis پنجابی پښتو Português Runa Simi Rumantsch Română Русский Русиньскый Kinyarwanda संस्कृतम् Саха тыла Sardu Sicilianu Scots Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Slovenščina Shqip Српски / srpski Sunda Svenska Kiswahili தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Tagalog Tok Pisin Türkçe Татарча/tatarça Українська اردو Oʻzbekcha/ўзбекча Vepsän kel’ Tiếng Việt West-Vlams Volapük Winaray 吴语 მარგალური ייִדיש Yorùbá Zeêuws 中文 文言 Bân-lâm-gú 粵語 Wysig skakels Die bladsy is laas op 27 Desember 2020 om 20:38 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Selfoonweergawe Ontwikkelaars Statistieke Koekieverklaring